Vrydag Funnies #10: 10 Grappies om jou dag beter te maak!

Na ‘n lang week vol drama en harde werk, geniet almal ‘n goeie grappie of twee! So ons deel ons gunsteling 10 grappies met julle!

 

Ambulans en dronkie:

‘n Ambulans jaag met loeiende sirenes in die straat af. ‘n Dronk ou hol agter die ambulans aan en slat in die pad neer. Hy staan bietjie kruppel op en skree agter die ambulans aan: “STEEK JOU ROOMYS IN JOU GAT, MAN!”

 

Koos en Piet:

Koos sien vanoggend sy vriend Piet wat net een arm het. Koos skree toe: “Jis Piet! Waantoe is jy op pad jong?” Piet skree toe terug: “Ek gaan gou ‘n bulb omruil hier onder in die straat!” Koos begin te lag en vra: “Jissie Piet, dink jy jy nie dis so bietjie awkward om ‘n bulb te staan en omruil met met een arm nie?” Piet kyk so terug en sê:” Ek het darem nog die kwotansie jou onsensitiewe bliksem!”

 

Fairytale:

Wat is die verskil tussen ‘n Sandton Fairytale en ‘n Brakpan Fairytale?
Sandton Fairytale begin met “Once apon a time…”
‘n Brakpan fairytale begin met “Julle gaan nie vir ‘n f*k die k*k glo nie!”

 

Petrolgeld:

Ek voel baie sleg om te vra maar ek weet ek kan op jul staatmaak. Gaan finansieël nie so goed nie, en ons sukkel erg. Bietjie petrolgeld nodig. Ons moes gister die kar bottelstoor toe STOOT!

 

Munisipale werkers:

Twee munisipale werkers is besig om te werk langs die pad, een grawe ‘n gat en die ander een gooi hom toe. 3km verder doen hul dieselfde. Aan die ander kant van die pad is ‘n ou besig om hul dop te hou al vir die afgelope 2 ure. Later besluit hy om hul te gaan vra wat hul maak… Hy sê: “Luister, ek weet nie eintlik wat jul besig is om te doen nie, maar ek hou jul nou vir 2 ure dop.” Die een werker sê: “Ons plant bome meneer” Hy sê: “Hoe nou? Jy grawe dan ‘n gat en die ander dom d*nner gooi dit toe?” Die werker antwoord: “Ja meneer, die ander ou wat die boom moet insit is af siek vandag…

 

Bediende:

Pa en seun trek na ‘n plaas dorpie. Na so ‘n week kom die pa tuis na werk.
Seun: “Glo pa in spoke?”
Pa: “Nee!”
Seun: “Ons nuwe bediende sê sy glo in spoke.”
Pa: “Pak jou goed dat ons hier wegkom!”
Seun: “Hoekom Pa?”
Pa: “Ons het nie ‘n bediende nie.”

 

Mike van Springs:

In ‘n kroeg in Springs is Mike so effens besorg oor sy vriend Kallie. “Kallie, hoekom lyk jy so af?”, vra Mike. Kallie: “Dis my vrou, sy wil hê ek moet begin betaal vir seks.” Mike: “Ag, nee! Skel haar uit! Sy charge ons ander ouens dan niks!”

 

Sielkundige:

Koos storm in ‘n verskriklike toestand by die sielkundige in en bars in trane uit. ”Asseblief, jy moet my help! My vrou gaan elke aand na Piet se kroeg toe en slaap dan sommer by enige man. Wat kan ek doen, asseblief?” Die sielkundige sê vir Koos: ”Bedaar tog net en word kalm, dan verduidelik jy my ‘presies’ waar Piet se kroeg is!”

 

Vyf wenke vir ‘n gelukkige lewe:

Vyf wenke vir n man wat n gelukkige lewe wil hê:
1) Maak seker jy het ‘n vrou met ‘n vaste werk;
(2) Maak seker jy het ‘n vrou wat jou kan laat lag;
(3) Maak seker jy het n vrou op wie jy kan staatmaak;
(4) Maak seker jy het n vrou wat jou liefhet en jou bederf;
(5) Maak seker dié vier vrouens ontmoet mekaar nooit!

 

Meraai en die sakkie:

Meraai gooi duim in die warm son. ‘n Dame kry haar jammer en besluit om haar op te laai. In die motor kan Meraai nie haar oë van die veelkleurige sakkie afhaal wat voor haar voete lê nie. “Nou wat sou in die oulike sakkie wees?” vra Meraai. “‘n Bottel wyn!” Antwoord die vrou. “Ek het dit vir my man gekry.” “Nou daai is ‘n bleddie goeie deal!” antwoord Meraai.

 

KLIK HIER OM ‘N NUWE SELFOON TE WEN!

 

Klik hier vir laas week se Vrydag Funnies!

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *