Vrydag Funnies #11: 10 Grappies om jou dag beter te maak!

Na ‘n lang week vol drama en harde werk, geniet almal ‘n goeie grappie of twee! So ons deel ons gunsteling 10 grappies met julle!

 

Ouma en die tande:

Een aand raak Ouma aan die slaap met haar valstande in haar mond. Iewers in die nag val hulle uit en in een van haar slippers wat langs die bed staan. Sy word die volgende oggend wakker, en kry Monopoly geld in die slipper met ‘n briefie van die tandemuis wat sê: “Nice try!”

 

Blondine:

Blondine koop 3 swangerskapstoetse en al 3 wys positief. Sy vee die trane af en sê: “Jissie, ek weet nie hoe ek vir ‘n drieling gaan sorg nie!”

 

Polisie en hond:

Polisie bel my nou die dag en sê dat my hond ‘n ou op ‘n fiets gebyt het. Ek sê toe vir hom: “Dit kan nie wees nie! My hond kom nooit dan uit nie en nog ‘n ding… my hond het nie ‘n fiets nie”.

 

Kallie en die Spietkop:

Die spietkop trek vir Kallie af ongeveer 02h30 in die oggend. Kallie is goed gewyn! Spietkop: “Kallie, jy is poepdronk, en jou bestuur jy die tyd van die oggend. Waar is jy op pad?” Oom: “Ek is op pad na ‘n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, en opkikkers.” Spietkop: “En wie sal nou die tyd van die oggend so ‘n lesing aanbied?” Kallie: “My vrou natuurlik!”

 

Sente en Note:

50c-munt en R200-noot raak aan die gesels….
50c: “Yes, Maatjie, wat het van jou geword? Ek het jou lanklaas gesien!” R200: “Nee wat, ek was maar so hier en daar. Was bietjie Mosambiek toe, was by ‘n paar rugby-wedstryde, was laasweek by die skou in Windhoek, môre sal ek waarskynlik Mall toe gaan en dalk Teazers toe. Jy weet daai soort goed. Maar hoe’s dinge met jou? Wat maak jy alles?” 50c: “Ag, Boeta, jy weet mos. Altyd dieselfde – dis net kerk, kerk, kerk…!!!”

 

Buckle:

Kan jy nou meer. ‘n Spietkop trek my af vandag omdat ek kamstig nie my veiligheidsgordel aan het nie. Hoe meer ek aan hom verduidelik dat ek net gou die gordel se buckle gebruik het om my bier oop te maak, hoe minder wil hy na rede luister…

 

Jannie en Sannie:

Jannie en Sannie sit in die bad. Jannie speel met sy tollie en Sannie vra hom: “Wat maak jy?” Jannie sê: “Ek speel met my karretjie…” Sannie vra kan sy ook bietjie met Jannie se karretjie kan speel… Jannie: “Not a damn! Kyk hoe plat het jy joune al gestamp!”

 

Mike en Kallie:

Kallie & Mike se oudste spruite het pas gehoor hulle gaan graad 3 toe. Mike: “Ek is so trots op daai laaitie. Gisteraand vra ek hom om vir my ‘n sin te maak met “bysin” en “gesegde”. Soos blits se hy toe” Ons was ons gesegde in die bysin. “Kallie: “Dis niks, Klein Kallie is in ‘n Engelse klas en laas nag het hy my sy tuiswerk-boek gewys. Sentences.” Mike:”Ne? “Kallie: “Hy moes ‘n sin maak met “attack, defence & quarrel”. Toe se hy: “I climb over defence to pick attack of grapes & eat them quarrel for quarrel.” “En om te dink hy’s maar net 19!!!”

 

Goue toilet:

Die ou kry ‘n klop aan die deur. Daar staan 2 ouens. Een van hulle sê vir hom “Hi, ek was gistraand hier vir ‘n partytjie, ek wil net vir my chom jul goue toilet kom wys!”. Die ou draai om en skreeu oor sy skouer… “Dennis! Hier is die bliksem wat gisteraand in jou Trompet gek*k het”

 

Verlede tyd:

Die blond sê vir haar vriendin: “Sjoe, daai vraestel was darem moeilik, veral daai vraag 5.”
Vriendin:” Wat was die vraag?”
Blond: “Hulle wou weet wat is dink in die verlede tyd, nou ek het gedink en gedink, toe skryf ek maar denke.”

 

 

Klik hier vir laas week se Vrydag Funnies!

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *