Vrydag Funnies #9: 10 Grappies om jou dag beter te maak!

Na ‘n lang week vol drama en harde werk, geniet almal ‘n goeie grappie of twee! So ons deel ons gunsteling 10 grappies met julle!

 

Jan by die dieretuin:

Jan werk by die dieretuin by navrae. ‘n Persoon stap in en vra: “Het julle enige Vakature? Jan: “Vakature? Ons het nie eers f*kken leeus nie!!”

 

Mike en die Brakpanner:

Mike vra vir die ou van Brakpan: “Wie was eerste. Die hoender of die eier?” Die Brakpanner dink so lang ruk en sê: “Nee hel, ek weet nie. Ek’t nie eers geweet hulle het gedice nie!”

 

Twee biere:

Die twee ouens loop uit die bar uit toe die bar toemaak. Die een sê: “Kom ons gaan na my huis, ek het daar nog twee biere in die yskas.” Die ander een stem in en hier slinger die twee die straat af. Eerste straat regs en die volgende een weer links en weer regs. Toe sê die eerste ou: “Jy sien hierdie straat, dis my straat.” En hulle kom by sy huis aan en hy sê: “Jy sien hierdie huis, dis my huis.” Hy sluit die huis oop en hulle stap in die huis in en hy sê: “Jy sien hierdie sitkamer, dis my sitkamer. Jy sien daardie TV, dis my TV en daardie stoel voor die TV, dis my stoel.” Hulle stap die gang af en hy maak die slaapkamerdeur oop en sê: “Jy sien die slaapkamer, dis my slaapkamer. Jy sien die vrou in die bed, dis my vrou en jy sien die ou langs haar in die bed, dis ek.” Hulle stap verder kombuis toe en sy pêl sê: “Die ou langs jou vrou is nie jy nie.” En hy antwoord: “Sjuut, hou jou bek, moet hom nie wakker maak nie, ons het net twee biere.”

 

Wiskunde:

Frikkie drink baie en sukkel met wiskunde. Juffrou hoor sy moet als met drank probeer vergelyk. Juffrou vra hom toe: “As jy 3 biere plus nog drie biere het, hoeveel het jy dan?” … Hy antwoord: “6 juffrou!” Juffrou:”Baie mooi!” “En as ek 1 bier wegvat?” Frikkie:” Dan moer ek jou!

 

Stripclub:

Ma aan seun: “Waar was jy vanaand. Is dit nou die tyd om hier aan te kom?”
Seun: “Ek was by ‘n stripclub!!!”
Ma: “Het jy iets gesien wat jy nie moes nie?”
Seun: “Ja… vir pa.”

 

Koos en sy vrou:

Koos kom dronk by die huis aan.
Hy kry 2 Panados en druk dit in sy vrou se mond terwyl sy slaap.
Sy word wakker en vra: “Wat de hel doen jy Koos?”
Koos: “Ek sit 2 Panados in jou mond my lief.”
Vrou:”Is jy mal! Ek’t nie ‘n kopseer nie!!!”
Koos:”DIS WAT PAPPA WIL HOOR!”

 

Koos en die girl:

Koos tel die engelse girl op in die bar, en na ‘n paar doppe vra hy: “Does we go to yours place or mine?” Engelse girl reply “I am on my menstrual cycle.” Koos:” It’s nothing, we load it sommer agter on the bakkie!

 

Koffie:

Koffie maak ‘n mens definitief aggresief. My pel het gisteraand 12 dubbel brandewyne gedrink en sy vrou twee koffies. Jy moes sien hoe de moer in was sy!

 

Blond in kar:

‘n Blond van Brakpan aan vriendin in kar: Ek dink die kinders in die kar langsaan is seker van Rusland of iewers af. “Hoekom?” vra vriendin. Blond: “Hulle het op die wasem van die karruit geskryf: ….”eteit uoj sno syW”

 

SMS:

Die beste SMS wat ‘n man kan stuur is: “Skat ek is besig met my laaste bier, sal so oor ‘n half uur by die huis wees. As ek nog nie daar is nie – lees die SMS net weer, liefde.”

 

 

Klik hier vir laas week se Vrydag Funnies!

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *