5 Troeteldiere wat ryker as jy is

Kyk, soms sit mens so in die middel van die maand in dink vir jouself: “Myself, ek dink ons gaan maar 2 Minute Noodles tot payday toe eet.” En dan kom mens af op artikels soos hierdie: Daar is toeteldiere wat finansieel beter daaraan toe is as jy. Kom ons kyk na vyf troeteldiere wat hope(loos te veel) geld het.

1. Gunther IV

troeteldier hond

Toe Gravin Karlotta Libenstein van Duitsland in 1991 oorlede is, het sy haar hele $80 miljoen fortuin aan haar troeteldier, ‘n Duitse herdershond met die naam Gunther III, gelos. Trustees van die boedel het goed gedoen met beleggings, wat die erfporsie in ongeveer $ 375 miljoen verander het. En dit behoort nou aan Gunther III sy nasaat, Gunther IV. Indien jy dink dat ‘n hond niks met geld kan doen nie – Gunther IV besit villa’s in Italië en die Bahamas, en in 2000 het hy Madonna se Miami strandhuis vir ‘n indrukwekkende $7,5 miljoen gekoop.

2. Blackie

troeteldier kat

Volgens Guinness World Records het Blackie die wêreld se rykste kat wat ooit gelewe het geword nadat hy ‘n boedel ter waarde van $ 13 miljoen geërf het toe sy eienaar, ‘n Britse antiekhandelaar genaamd Ben Rea, in 1988 gesterf het. Maar die internetsensasie, Grumpy Cat, mag dalk meer werd wees as jy sommige van die beraminge glo wat tans op die internet is.

3. Tomasso

troeteldiere kat

As een ryk kat jou nie depressief genoeg maak nie, hier is nóg ‘n ultra-ryk kat. Tommaso was ‘n rondloperkat wat in Rome ingeneem is deur ‘n bejaarde Italiaanse vrou, Maria Assunta. Sy het glo $13 miljoen aan Tomasso nagelaat toe sy in 2011 gesterf het. Maria wou seker wees dat Tommaso na haar dood baie liefde sou kry en dat daar mooi na hom omgesien sou word. Geld soos dit kan baie liefde koop, dis verseker.

4. Gigoo

hoenders as troeteldiere

Die enigste hoender om ons lys van rykste troeteldiere te haal, behoort aan die eienaar van die Britse uitgewer, Miles Blackwell, wat sy aandele in die familiebesigheid verkoop het en later in die platteland afgetree het om seldsame skape en hoenders groot te maak. Toe Blackwell in 2001 oorlede is, het hy ‘n groot deel van sy fortuin aan liefdadigheid geskenk en daar word berig hy het sowat $15 miljoen aan sy geliefde Gigoo-vriendin oorgelaat. As dit kom by geld uitgee, voel Gigoo seker vere.

5. Trouble

troeteldier en troeteldiere vir die tannie

Trouble is die hond van die eiendomsontwikkelaar Leona Helmsley. Leona het sowat $12 miljoen in haar testament gelaat aan haar sagte wit Maltese terrier, Trouble. Die verhaal oor hoe die geld deur Helmsley na Trouble bemaak is, was ‘n groot mediasensasie toe sy in 2007 oorlede is. Die hof het later die erfporsie tot $2 miljoen verlaag. Daar is berig dat die bedorwe klein brak bekend was daarvoor dat hy mense gebyt het en dat sy haar laaste paar jare in luuksheid uitgeleef het in Sarasota, Florida.

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *