99-jarige man stap elke dag 9km om sy vrou in die hospitaal te besoek

‘n 99-jarige man van Rochester, New York, kan jou geloof herstel dat ware, blywende liefde regtig bestaan. Sy naam is Luther Younger, en na 55 jaar van die huwelik is hy nogsteeds baie toegewyd aan sy vrou, Waverlee, wat hy sy lekkerste koppie tee wat hy ooit gehad het, noem.

Luther Younger is vasbeslote om elke dag sy vrou in die hospitaal te besoek, ten spyte daarvan dat hy nie ‘n motor het nie. En dus moet hy elke dag 6 myl, of te wel 9.6km, aflê.

“Ek wil my vrou sien. Ek is lief vir my vrou en sy het ‘n man uit my gemaak. Sy het my meer gemaak as wat ek ooit kon wees.”

sê hy.

In 2009 is Luther se vrou, Waverlee, met ‘n breingewas gediagnoseer. Sy is sedertdien in en uit hospitale en Luther is vasbeslote om haar elke dag te besoek.

 

99-jarige Luther Younger van Rochester, New York, loop ses myl, ongeag van die weer, om sy vrou, Waverlee, in die hospitaal te besoek. Foto: CBS News

 

Hy het gesê mense bied hom dikwels ritte aan, maar hy weier. Hy hou daarvan om te loop, want dit maak sy kop skoon en hy sê hy het altyd ‘n moeilike werk gehad. Luther is ook ‘n voormalige Marine wat in die Koreaanse Oorlog geveg het, en hy is trots op sy fisiese krag.

Maar sy daaglikse lewenswandel gaan nie oor hoe sterk hy is nie. Dit gaan oor sy liefde vir Waverlee.

Luther se ses myl trip sal te veel wees vir baie mense, wat die helfte van sy ouderdom is. Maar as jy al meer as 55 jaar met iemand gdie lewenspad estap het, wat is nog ses myl? Luther is hartseer om sy liefde te verlaat, maar hy weet dat hy môre, reën of sonskyn, sal loop om weer sy “lekker koppie tee” te sien.

Kan ons net ‘n oomblik neem om te kyk hoe fantasties die man is. Hy is 99 jaar oud en 55 jaar getroud. En boonop stap hy elke dag 9.6km. En hier sit ek en twyfel of ek kombuis toe moet stap, want dis twee vertrekke aan.

Vir ons ander nuus stories, kliek hier!

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *