Apex Legends bereik 50 miljoen spelers

Apex Legends is die nuutste free to play speletjie in die Battle Royale genre. Die speletjie is op 4 Februarie 2019 vrygestel sonder enige vooraf bemarking. Die mense agter Apex Legends het nuwe lewe in die Battle Royale genre ingestoot met ‘n seepgladde, pret en hoë-tempo spel wat dadelik begin aanklank vind het by miljoene spelers reg om die aarde.

Gratis-om-te-speel en steeds Trippel A?

Die vervaardigers van Apex Legends, Respawn, is ook verantwoordelik vir Titanfall en Titanfall 2, albei speletjies wat misgekyk is deur baie al was dit uistekende titels. Dus het Respawn ‘n Trippel-A speletjie gemaak wat gratis gespeel kan word op PC, Playstation 4 en Xbox One. Die Trippel A gevoel van Apex Legends en die feit dat dit gratis is het veroorsaak dat die speletjie 50 miljoen spelers gewerf het in net 1 maand.

Met Apex Legends se “Battle Pass” om die draai, die eerste patch wat reeds vrygestel is en ‘n nuwe legende om te speel wat ook binnekort gaan land, wil dit voorkom asof Apex Legends nog ver van ‘n oornag sukses gaan wees wat so vinnig uitbrand soos dit begin het. Die memes is oral op die internet, tonne streamers speel Apex Legends en daar is spel-videos op Facebook, Instagram, Twitter en YouTube.

Speel jy Apex Legends? Of is jy ‘n Fortnite speler? Laat weet my in die comments wat jy dink oor die speletjies.

Avatar

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *