Assassins Creed Odyssey verander jou in ‘n Spartan

Ek kyk nou die dag ‘n program op Netflix oor antieke Rome. Rome is een van die oudste stede in die wêreld, en ongeveer 2000 jaar gelede het daar na beraming 3.5 miljoen mense daar gewoon. Die stad het egter baie probleme gehad en op ‘n stadium het die populasie gekrimp tot net 40 000. Ek kon nie help as om te wonder hoe mal dit moes gewees het om in daardie tyd in Rome te leef nie. En in tye nog voordat Rome enigsins op die kaart was. Nou wil dit voorkom om Assassin’s Creed Odyssey my ‘n smakie gaan gee van hoe die antieke wêreld was – al is die antieke Griekeland, en nie die Romeinse Ryk nie.

Assassin’s Creed Odyssey is die nuutste in die reeks avontuur- en rolspel-speletjies van Ubisoft. Die een groot verskil met die nuutste AC-speletjie is hoe intens daar gefokus word op rolspel-elemente, wat heelwat anders is as die vorige AC-titels. Odyssey bevat ondermeer dialoogkeuses, opdragte wat versplinter in sytakke, en verskillende eindes – afhangende van die keuses wat jy maak deur die loop van die speletjie. Jy kan ook kies of jy Alexios, ‘n manlike karakter, of Kassandra, ‘n vroulike karakter, wil wees.

As jy gehou het van Sims en ‘n romanse aangeknoop het met ander Sims, dan sal jy bly wees om te hoor dat jy in AC Odyssey ook romanse gaan kan kweek met nie-speelbare karakters. Jy kan kies om jou vermoëns aan te pas om op verskillende manier om te veg. As “Hunter” is jy beter met ‘n pyl en boog en dus skermutselinge waar jy bietjie afstand tussen jou en die vyhand hou. “Warrior” is vir dié speler wat die vyand in die oog wil kan kyk tydens die aanslag, terwyl “Assassin” die tipe spel is vir die wat dinge in die skadu’s wil doen.

Persoonlik is ek baie bly om te sien dat AC bietjie wegdraai in ‘n rigting wat die reeks volgens my beter sal pas. Die feit dat dit in antieke Griekeland afspeel, is ‘n besliste bonus, want dit laat ruimte vir baie interessante verhale. Plus, wanneer laas het jy 300 gekyk? Dit lyk na bitter baie pret om met ‘n Spartaan ‘n paar vyande te kan aanvat.

Avatar

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *