‘Call Of Duty: Black Ops 4’ Blackout Beta is indrukwekkend

Die hele wêreld het die afgelope tyd Battle Royale mal gegaan en selfs die groot manne in die speletjieswêreld het aanboord gekom. Die Playstation 4 Call of Duty: Black Ops 4 Blackout Beta is tans aan die gang en die X-box One en PC betas is om die draai. As jy sien hoe mense opsoek is na beta-sleutels vir die Blackout Beta dan is dit veilig om aan te neem dat mense hou van die Call of Duty Battle Royale. Ek was self baie opgewonde om my hande op ‘n beta key code vir die X-box One weergawe te kry wat 14 September begin.

Hier is so paar van die positiewe eienskappe wat ons van weet, nou dat mense die Call of Duty: Black Ops 4 Blackout Beta begin speel het:

Call of Duty: Black Ops 4 Positiewe dinge:

  • Die kaart waarop die Battle Royal mode van Call of Duty: Black Ops 4 gespeel word is reusagtig. Daar is baie verskillende areas en meer as genoeg gebou of buite areas waar mens in geweer gevegte kan betrokke raak. Jy gaan van jou gunsteling Call of Duty kaarte herken in die Blackout kaart, maar dit voel gelukkig nie asof hulle net ou kaarte gevat het en aanmekaar geplak het nie.
  • Die HUD vat so rukkie om gewoond te raak aan. Gelukkig raak ‘n mens vinnig gewoond aan hoe om jou opsies te navigeer. Dit is maklik genoeg om ‘n oog te hou op jou afstand van die sirkel en die links, regs, op en af knoppies op die kontroleerder is [erfek vir verander tussen jou items of “perks”.
  • Voertuie en vliegtuie werk baie goed. Of jy nou ry met ‘n trok of ‘n vierwielmotorfiets en of jy vlieg met ‘n helikopter die kontrole is maklik en niks van die voettuie of vliegtuie voel asof hulle te sterk is nie.
  • Daar is baie loot. Meer as genoeg wapenrusting reg oor die kaart. Hierdie is nie PUBG nie, en jy kan verwag om nie te lank sonder ‘n wapen te wees na jy land nie.
  • Genesing gebeur vinnig. Jy kan selfs jouself genees terwyl jy rond beweeg. Aangesien die “tyd tot dood” minder is op hierdie Call of Duty as enige van die vorige Call of Duty titels is die genesing verandering baie welkom.
  • Die speletjie loop soos stroop. Ja, daar is so hier en daar ‘n ineenstorting van die speletjies maar dit kan verwag word van ‘n beta toets. Die belangrikste ding is dat die raamkoers stabiel bly en jy nie sukkel met sloering nie.
  • Daar is zombies. Die zombies is net op sekere dele van die kaart maar dit is ‘n interesante verwikkeling, veral in ‘n Battle Royal.

Wanneer kan jy die Call of Duty: Black Ops 4 Blackout beta speel?

As jy vir jou ‘n beta-sleutel in die hande kan kry dan kan jy nou dadelik die beta speel op Playstation 4. Of jy kan vanaf 14 September 2018 op die Xbox One en PC die beta speel tot en met 17 September 2018. Jy kan nou jou beta-sleutel kry deur jou eie Call of Duty: Black Ops 4 vooraf te bestel.

 

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *