Goeie nuus vir Fortnite spelers!

Warner Bros. Interactive Entertainment en Epic Games het vandag ‘n fisiese vrystelling van die populere video-speeltjie aangekondig. Fortnite: Deep Freeze Bundle, ‘n spesiale kleinhandel weergawe van die gewilde aksie bou-spel Fortnite Battle Royale. Deur die wêreldwye kleinhandelverspreidingsvennootskap sal Fortnite: Deep Freeze Bundle beskikbaar wees vanaf 16 November 2018 vir Nintendo Switch ™, PlayStation®4, PlayStation®4 Pro en die Xbox One-familie van toestelle, insluitende die Xbox One X.

Die Fortnite: Deep Freeze Bundle sluit die Fortnite Battle Royale-speletjie in, en die premie-inhoud, insluitende die Frostbite Outfit, Cold Front Glider, Chill-Axe Pickaxe, Freezing Point Black Bling en 1000 V-Bucks, wat gebruik kan word om in-spel items te koop soos uitrustings en die Premium Battle Pass.

In Fortnite Battle Royale, span spelers saam en kompeteer om die laaste een in 100-speler PvP te wees, waar hulle skuiling moet bou, teenstanders uitoorwin en die langste oorleef om hul wenner status te verdien. Die onderste voorskou spog met die nuutste seisoen van die gewilde video-speeltjie!

Ellenor
Ellenor beteken ernstige besigheid! Sy speel nie speletjies nie. Okay, tegnies speel sy speletjies... op rekenaar, Xbox en PS4.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *