Google Pixel 3 – Als wat jy moet weet!

Die Google Pixel fone is nie beskikbaar in Suid-Afrika nie. Dit is jammer, want die Pixel fone is loshande die beste fone beskikbaar. Al is die Google Pixel 3 nog nie vrygestel nie, is daar reeds baie informasie gelek oor die nuwe Google foon. Kom ons kyk na wat ons sover weet.

Vrylatings datum

Na baie gerugte het Google bevestig dat die Google Pixel 3 bekendgestel gaan word op 9 Oktober 2018. Daar gaan bekendstelling wees in New York as ook Londen. To weet ons nog nie wanneer die Google Pixel 3 beskikbaar sal wees om te koop nie.

Prys

Google het nog niks laat weet oor hoeveel ons sal kan verwag om te betaal vir die Google Pixel 3 fone nie. Dus is alles wat jy hier lees spekulasie. Alhoewel die prys tien teen een sal verskil van wat die Google Pixel 2 gekos het, is dit veilig om aan te neem dat die Pixel 3 in min of meer dieselfde omgewing sal wees. Dus kyk jy na so $800 – $1000, afhangende of jy die Google Pixel 3 of die Google Pixel 3 XL wil hê.

Spesifikasies

Die Google Pixel 3 gaan ‘n 5.4 duim skerm hê, terwyl die Google Pixel 3 XL ‘n 6.7 duim skerm gaan hê. Die Pixel 3 het net een kameralens agter en twee kameralense voor. Soos ons al gesien het van foto’s wat uitgelek is op die internet het die Pixel 3 fone ongelukkig ook ‘n “notch” soos wat ons sien op Apple se fone deesdae. Dit wil voorkom of die foon beskikbaar gaan wees in drie keuler, naamlik wit, ment en swart.

Die Google Pixel 3 maak gebruik van USB Type-C en kom uit die boks met USB-C “Pixel earbuds”, ‘n “USB-C to headphone socket adaptor”, en ‘n “USB-C Quick Switch Adaptor”. Die vingerafruk leser van die Google Pixel 3 is ook agter op die foon, soos met die vorige model.

Google Pixel 3 fone beskikbaar op die swart mark

As jy een is vir die reëls breek dan kan jy glo reeds vir jou ‘n Google Pixel 3 koop op die swart mark. Daar is glo is spul wat reeds te koop is deur ‘n spul Russe. Niemand weet regtig hoe hulle die fone gekry het nie, maar hulle is glad nie skaam oor die feit dat hulle die Google Pixel 3 fone het nie. Daar is selfs ‘n “unboxing” video wat jy hier onder kan kyk.

Wat dink jy van die Google Pixel 3 foon? Wil jy een hê? Laat weet my in die kommentare.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *