Hier’s ‘n flippin’ schweet skop-moer-en-donner speletjie!

Boet Fighter Speletjie

Boet Fighter is ‘n mega-schweet aksiebelaaide videospeletjie waar Hard Eddy en sy charnas die hele Fourways in die gesig moet aanvat. Intussen veg hulle om sy gesteelde cherry terug te kry! Dit het kreatien, geweld en super-schweet tunes, boet. En dis binnekort beskikbaar! Die speletjie word tans nog ontwikkel deur ‘n groep Suid-Afrikaners genaamd Robot Wizard, New Reality en Hard Eddy – local is lekker, boys!

Dié van julle wat bekend is met die berugte Billy the Bums in Fourways sal nie net kan identifiseer met hierdie speletjie nie, maar beslis vir die volgende twee dae lag nadat julle die voorskou hieronder gekyk het.

 

Dis nie net wonderlik om te sien hoe plaaslike ontwikkelaars aanlyn erkenning kry vir hierdie projek nie, maar hulle skep ook ‘n speletjie wat ons Joburg-kultuur uitsonder in iets só eg Suid-Afrikaans waarmee ons kan identifiseer en waaroor ons terselfdertyd lekker uitspattig kan lag!

Opgewonde? Dis jou gelukkige dag! Boet Fighter gaan by vanjaar se Comic Con Africa (14-16 September by Kyalami Konferensiesentrum) beskikbaar wees om in die Plantronics Indie Corner te speel.

Boet Fighter Speletjie

Dit is nog nie bekend gemaak presies wanneer Boet Fighter aan die publiek uitgereik gaan word nie, maar vir meer inligting, gaan volg gerus hul Facebook-bladsy en gee die span ‘n bietjie liefde!

Lekker charnas!

Ellenor
Ellenor beteken ernstige besigheid! Sy speel nie speletjies nie. Okay, tegnies speel sy speletjies... op rekenaar, Xbox en PS4.

1 Comment

  1. Peter

    30/08/2018 at 6:14 am

    Klink en lyk presies soos ‘n tipiese Fourways aand

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *