Môre is Red Dead Redemption 2 dag

Nog net een slapie, dan is dit tyd vir 60 ure van Red Dead Redemption 2 se missions. Die afwagting is amper verby, en na agt jaar loop die opgewondenheid hoog. Daar is al reeds Suid-Afrikaners wat ontsteld is oor hulle die speletjie vooraf bestel het deur Takealot en nou het hulle uitgevind dat Takealot eers more die speletjie sal kan laat koerier. Dit beteken natuurlik dat die mense nie hul RDR2 gaan kry die dag van vrystelling nie.

Vir die res van ons wat digitale weergawes van die speletjie gekoop het, begin die wilde weste avontuur more al. Van wat ons sover gesien het lyk dit of Red Dead Redemption 2 ‘n gedetailleerde avontuur gaan. Glo gaan daar 200 verskillende diere spesies wees om te jag, en 60 verskillende wapens om van te kies. En daardie is net twee van die dinge wat ons reeds weet van die game.

Wie anders is opgewonde oor Red Dead Redemption 2?

IGN het ‘n resensie gedoen en dit 10/10 gegee:

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *