Red Dead Redemption 2: Tweede amptelike spel video

Die nuwe spel video vir Red Dead Redemption 2 het gister geland en wat ons sien gee vir ons allerhande redes om opgewonde te raak. Dit is nog net 24 slapies tot ons Red Dead Redemption 2 self kan begin speel.

Die eerste ding wat mens sal agterkom is die grafika van die speletjie. Rockstar het duidelik hul tyd sedert GTA V gevat om seker te maak dat RDR2 nog beter lyk as wat selfs GTA V gelyk het. Een van die groot dele wat ongelooflik is van die vorige Red Dead Redemption is die landskappe wat jy sien in die speletjie. Hierdie keer lyk dit asof die landskappe nog meer diverse kontraste gaan hê en nog meer asemrowend gaan wees. Sneeu, woude en natuurlik die woestyn van die wilde weste gaan almal ‘n rol speel in RDR2.

Dan is daar natuurlik die spel wat ons sien. Jy gaan kan banke, winkels en postkoetse kan beroof. Of as jy baie braaf voel, lyk dit of jy selfs huise kan beroof terwyl die eienaar lê en slaap. Jy kan natuurlik saam met jou bende al jou kriminele aktiwitiete uitdra of jy kan op jou eie besluit om dinge aan te pak. Die “Dead Eye” spel meganisme is ook terug maar is baie meer verfynd. Jy kan tyd laat stadiger beweeg, jou vyande se organe sien deur hul lywe vir daardie kritiese skoot of jy kan jou vyande merk en blitsvinnig op ‘n ry uitmekaar skiet.

Wat duidelik is van hierdie nuwe spel video is dat RDR2 die mees meeslepende speletjie nog gaan wees van Rockstar. Jy gaan Arthur speel in ‘n diep, ryk wêreld wat reg is vir jou om skade in te maak, of jouself uit ongemaklike situasies te kry. Dit wil voorkom asof elke aksie ‘n impak gaan hê en dit lyk asof daar gevaar om elke draai gaan wees, soos ‘n regte wertern.

Wat dink jy van die spel video? Ongelooflik om te dink dat die hele video gemaak is met beeldmaterial van eintlike spel in Red Dead Redemption 2. Los jou gedagtes in die kommentare hier onder.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *