September se speletjies in ‘n neutedop

Daar is nie ‘n beter tyd om ‘n gamer te wees as nou nie, want ons staan op die drumpel van uitreikings van ‘n paar van die grootste speletjies van die jaar. Titels soos Red Dead Redemption II, FIFA 19, Fallout 76 en nog vele meer!

Dit kan uitdagend wees om by te bly met al die speletjies wat op die winkelrakke verskyn, maar moenie huil nie. Ons is hier om te help en het al die groot speletjies wat in September uitgereik word hieronder saamgestel.

 

Marvel’s Spider-Man

Marvel's Spider-Man

Speel as een van die wêreld se mees ikoniese superhelde, Spider-Man. Besit die akrobatiese vermoëns, improvisasie en websleep waarvoor die muurkruiper bekend is. Terselfdetyd stel die speletjie ook spliternuwe elemente bekende wat nog nooit van tevore in ‘n Spider-Man-speletjie te sien was nie. Van deur die wêreld beweeg met parkour tot unieke omgewingsinteraksies en nuwe gevegte, is dit Spider-Man soos jy hom nog nooit gesien het nie.

Sony Interactive Entertainment, Insomniac Games en Marvel het saamgespan om ‘n splinternuwe en outentieke Spider-Man-avontuur te skep. Dit is nie die Spider-Man wat jy al voorheen ontmoet het of in ‘n fliek gesien het nie. Dit is ‘n ervare Peter Parker wat al gesout misdaad in New York hokslaan. Terselfdertyd sukkel hy om sy chaotiese persoonlike lewe en loopbaan te balanseer terwyl die toekoms van miljoene New Yorkers op sy skouers rus.

Eksklusief beskikbaar op PlayStation 4 (PS4) vanaf 7 September 2018.

 

Shadow Of The Tomb Raider

Shadow of The tomb Raider

Ervaar die presiese oomblik wanneer Lara Croft die Tomb Raider word. In Shadow of the Tomb Raider moet Lara haar pad deur ‘n dodelike oerwoud vind, skrikwekkende grafte deurkruis en talle ander aksiebelaaide scenarios deurwerk. Terwyl sy besig is om die wêreld van ‘n Maja-apokalips te red, sal Lara uiteindelik die Tomb Raider word wat sy bestem was om te wees.

Beskikbaar op PlayStation 4 (PS4), Xbox One (XB1) en PC vanaf 14 September 2018.

 

Spyro Reignited Trilogy

Spiro Reignited Trilogy

Die oorspronklike vuurmeester is terug! Dieselfde brandwonde, dieselfde smeulende gesindheid – nou opgegradeer na pragtige HD. Spyro bring die hitte soos nog nooit tevore nie in die Spyro Reignited Trilogy-speletjieversameling. Herleef die vuur met die oorspronklike drie speletjies” Spyro the Dragon, Spyro 2: Ripto’s Rage! en Spyro: Year of the Dragon. Verken die uitgestrekte wêreld, ontmoet die vurige persoonlikhede en herleef die avontuur in volle HD. Want as daar ‘n koningkryk is wat gered moet word, is daar net een draak om te bel.

Beskikbaar op PlayStation 4 (PS4) en Xbox One (XB1) vanaf 21 September 2018.

 

Fifa 19

Fifa 19

Aangedryf deur Frostbite, lewer EA SPORTS se FIFA 19 ‘n ervaring van kampioenkaliber op en van die veld af. Soos met die bekendstelling van die gesogte UEFA Champions League, bied ook FIFA 19 innoverede spel waar jy elke oomblik op die veld kan beheer. Verder is daar nuwe en ongeëwenaarde maniere om te speel.

Beskikbaar op PlayStation 3 (PS3), PlayStation 4 (PS4), Xbox 360 (XB360), Xbox One (XB1) en PC vanaf 28 September 2018.

 

Ellenor
Ellenor beteken ernstige besigheid! Sy speel nie speletjies nie. Okay, tegnies speel sy speletjies... op rekenaar, Xbox en PS4.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *