Wat jy moet weet oor Cyberpunk 2077

As jy enigsins belangstel in speletjies of vermaaklikheidsmedia, dan het jy tien teen een nou al gehoor of gelees van CD Projekt Red se Cyberpunk 2077. Daar is deesdae heeltemal te veel bohaai in die speletjie industrie. Elke groot ekspo het ‘n bemarkingsveldtog geword en die bemarking kan letterlik ‘n speletjie maak of breek. Dit veroorsaak natuurlik dat die bohaai deesdae dik is oor meeste nuwe speletjies. Ek probeer nog heeltyd die Cyberpunk 2077 bohaai vermy, maar ek het wel die 48 minuut spel-video gekyk en ek is hoek, lyn en sinker, IN.

Wat is Cyberpunk 2077?

Cyberpunk 2077 is ‘n aanpassing van die 1988 tafelblad speletjie Cyberpunk 2020. Van tafelblad speletjie tot rekenaar, Xbox One of Playstation 4 en ontwikkel deur CD Projekt Red. As CD Projekt Red vir jou ‘n klokkie lui, is dit tien teen een omdat jy The Witcher reeks gespeel het. Cyberpunk 2077 is ‘n first person shooter (FPS) rolspel speletjie.

Wanneer word Cyberpunk 2077 vrygelaat?

Al is Cyberpunk 2077 glo al speelbaar van begin tot einde is die speletjie steeds besig om verder ontwikkel te word. Dus is daar geen amptelike datum vir die vrystelling nie, maar dit wil voorkom asof ons Cyberpunk 2077 eers gaan kry in 2020.

Wie is die hoofkarakter in Cyberpunk 2077?

Jy vertolk die rol van V. Aan die begin van die speletjie kan jy die geslag, haarstyl, gesig, liggaamstipe, lyf-modifikasies, agtergrond, en klere van jou karakter waarmee jy gaan speel kies. Jou kleredrag verander afhangende van jou interaksie met nie speelbare karakters in die speletjie. Jy kan ook romantiese en seksuele verhoudings hê met hierdie nie speelbare karakters.

Waar speel Cyberpunk 2077 af?

Die stad waarin jy gaan speel is Night City in die Vrystaat van Kalifornië. Die stad het ongelooflike probleme het geweld, bendes en armhoede. Dit stop glad nie arm mense van hulself fisies opgradeer met tegnologie nie, en dit veroorsaak verslawings en geweld.

Hoe lyk die spel van Cyberpunk 2077?

LET WEL: Hierdie ‘n speletjie is wat gemik is op ‘n volwasse gehoor en daar is hier en daar goed wat nie gesien sal word as veilig vir die werk nie. Dit lyk na ongelooflik baie pret as ek so kyk na die spel in die video hier onder. Gewere is futuristies en behalwe dat jy partrone van mure af sal kan laat bons en om hoeke kan skiet, is die wapens heeltemal aanpasbaar om jou speelstyl te komplimenteer.

Wat duidelik is, is dat die lore van Cyberpunk baie diep in Cyberpunk 2077 ingewerk is. Die wêreld voel diep en ryk in storie. Die tegnologie wat mens sien in die speletjie is ook nie iets wat heeltemal onmoontlik lyk nie. Byvoorbeeld ‘n tipe USB skyfie wat agter jou regter oor inskuif en data bevat en die alternatiewe realiteit en informasie wat jy sien in die wêreld van Night City. Dit als voel asof dit net so paar jaar in die nabye toekoms kan afspeel. Basies is Cyberpunk 2077 ‘n wêreld waar slimfone op steroïede is en sommer reg in jou kop in geplant is.

Loer gerus na die 48-minute lange video hieronder:

Die laaste rolspel speletjies wat ek gespeel het, was toe Skyrim en The Witcher 3 uitgekom het. Tog moet ek erken dat ek opgewonde is om te sien wat Cyberpunk 2077 vir als inhou. Wat dink jy? Gaan Cyperpunk 2077 opleef tot die bohaai? ?aat weet gerus in die kommentaarafdeling hieronder.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *