Welkom by Fallout 76

Skop, skiet en donner – en hierdie keer saam met ander mense! Dis die eerste keer in die Fallout-reeks waar jy die Wasteland saam met ander spelers kan verken en sommige stelsels in Fallout 76 is ook aangepas om hierdie opwindende nuwe avontuur te komplimenteer.

As jy opgewonde is oor Fallout 76, is die kans groot dat jy ure en ure in Fallout 4 deurgebring het, die Statebond ondersoek het, jou vestigings gebou het en net probeer het om te oorleef in ‘n harde, na-kern-wêreld. Die goeie nuus, jy sal steeds al daardie opsies hê wanneer jy in Fallout 76 spring, maar jy sal dalk oplet dat ‘n paar dinge ‘n bietjie anders is.

Werkswinkel en C.A.M.P.

Die alombekende werkswinkel van Fallout 4 keer terug met ‘n wye verskeidenheid strukture en verdediging om jou met die bouproses aan te help. Daar is ook nuwe strukture soos Resource Collectors, wat jou help om hulpbronne wat in die wêreld voorkom, te myn.

Een van die grootste toevoegings vir Fallout 76 is die C.A.M.P. (Construction and Assembly Mobile Platform), ‘n persoonlike werkswinkel wat jy byna oral in die wêreld kan plaas en as ‘n tuisbasis gebruik as jy verken. Jy kan dit van plek tot plek verander en as jy jou C.A.M.P. verskuif, word al jou geboue gestoor en geblueprint soos jy dit ontwerp het, sodat jy vinnig kan herbou of duplikate van jou gunstelingstrukture kan skep. Op hierdie manier, as jou nedersetting deur ander spelers geraak of oorval word, hoef jy nie te bekommer om van voor af weer te begin nie.

Jou C.A.M.P. gee jou toegang tot jou Stash, ‘n houer vir veilige en permanente storing van dinge wat jy wil hou. Jou Stash kan ook besoek word by Stash houers wat by treinstasies en rooi vuurpylstasies gevind word.

Fallout 76 bevat ook Openbare Werkswinkels wat deur middel van gevegte ontsluit word, óf deur die gebied skoon te maak of om ‘n ander speler se eienaarskap te betwis. Openbare Werkswinkels verskaf gratis boumateriaal vir die skepping van werkbanke, mynbouhulpbronne, bou-verdediging om aanvalle en vyandelike spelers te beveg, of om met strukture te eksperimenteer om nuwe blueprint te skep. Waar jou C.A.M.P. slegs joune alleen is, kan ‘n span spelers by die openbare werkswinkels saamwerk, en verder bou op wat ander spelers reeds voor hulle geskep het.

Oorlewing

Oorlewing is een van die mees kenmerkendste eienskappe van die Fallout-reeks en is opgradeer in 76. Gedurende die spel sal jy jou eie gesondheid asook jou toerusting effektief moet onderhou en bestuur om so doeltreffend as moontlik te wees. Jy kry bonusse deur goed gerus, gevoed en gehidreer te bly, maar wees versigtig dat jy nie siektes of mutasies gedurende die proses kry nie. Jou toerusting en wapens breek-af hoe meer jy dit gebruik en spelers word sò aangemoedig om herstelwerk te doen aan hul gunstelling items en motiveer jou ook om nuwe wapens uit te toets. Spelers sal ook aandag aan hulle draagkapasiteit moet gee, aangesien alle items gewig het en spelers sal moet besluit wat die belangrikste items is om by hulle te hou. Fallout 76 bring al hierdie oorlewings elemente en meer by mekaar om spelers ‘n verskeidenheid opsies te gee om die regte balans te vind en die spel aan te pak soos hulle wil.

Vordering

Almal is S.P.E.C.I A.L. in Fallout en jy begin aan jou karakter-eienskappe bou op vlak 1. Die beroemde karakter stelsel van die reeks is terug en te danke aan die nuwe Perk-kaart stelsel het spelers diè keer die geleentheid om eienskappe uit te ruil gedurende spel om jou karakter die beste vermoëns te gee om die missie te voltooi. Jou karakter word deurlopend opgebou soos jy hoër vlakke betree en punte aan jou S.P.E.C.I.A.L.’s toeken – Strength, Perception, Endurance, Charisma, Intelligence, Agility en Luck. Spelers kan op elke vlak ‘n punt toeken aan een van die kategorieë asook ‘n Perk-kaart kies om die eienskap verder te spesialiseer.

Fast Travel

Spelers kan gratis fast travel na hul spanmaats, hul C.A.M.P. en Vault 76 se ingang, maar ‘n klein Caps-fooi word gevra as spelers wil reis na ander areas op die kaart wat alreeds ontdek is.

PVP en Multiplayer

Player-vs-Player (PVP) is ‘n groot deel van 76 nou dat die hele spel aanlyn is en plaasvind waar spelers teen mekaar veg vir caps en dominansie. Vreemdelinge kan vriendelik of gevaarlik gewees in Appalachia en maak so die spel meer opwindend. Dit is jou keuse of jy wil betrokke raak by die geveg, enige skote wat jou tref doen minimale skade totdat jy terug skiet en sodoende die uitdaging aanvaar.

Nukes

Die mees opwindendste byvoeging in 76 is dat spelers toegang kan kry tot kernkragte en die besluit kan maak waar die nuke gaan tref. Nadat ‘n nuke vrygestel is, verander die radiasie die omliggende wêreld in ‘n groot manier – nuwe en dodelike monsters sal hier gevind word wat spelers kan aanpak òf spelers kan die geleentheid gebruik om unieke hulpbronne te versamel om hoëvlak toerusting te vervaardig. Moet nou nie misverstaan nie, die proses om ‘n nuke vry te stel is tydrowend, maar as spelers dit regkry is dit ‘n ongelooflike prestasie. Dink net aan die foto geleentheid wanneer jy uiteindelik slaag – met jou sampioenwolk in die verte agter jou!

Fallout 76 is nou beskikbaar op alle platforms landswyd.

 

 

In betaalde vennootskap met Gamefinity (PTY) Ltd., verspreider van Bethesda Softworks in Suid Afrika.

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *