3 Animasiereekse wat die kyk werd is

Van die beste reekse wat jy ooit sal kyk is animasiereekse. The Simpsons, South Park, en nog talle ander. Deesdae is dit so maklik soos haal jou foon uit jou sak en jy kan ure se vermaak kry via streaming services soos Netflix en Amazon Prime. Hier is drie animasiereekse wat jy op jou “moet kyk-lys” kan sit.

Final Space

Die nuuste animasiereeks vir my is Final Space. Final Space is ‘n komedie-drama wat wentel om die hoofkarakter, Gary, en sy vreemdewesemaatjie, Mooncake. Dit klink miskien nie vreeslik interessant nie, maar Gary is nie baie slim nie en Mooncake kan gaap en ‘n hele planeet laat verdwyn. Soos jy uit die naam kan aflei, speel Final Space in die buiteruim af. Die eerste reeks is beskikbaar op Netflix en het ‘n ouderdomsbeperking van 7+. Ek dink sewejaar is miskien nog ‘n bietjie jonk vir die reeks, want baie van die temas is donker. Verwag baie oomblikke wat jou gaan laat lag en ander oomblikke wat jou gaan laat dink ,”Wat het ek nou net gesien?”

Olan Rogers is die skepper van Final Space en hy is ook die stem van ‘n hele paar karakters. Hy het vir jare animasiefilms op YouTube gesit en nou het hy ‘n regte reeks met Final Space. Seisoen 2 gaan glo in 2019 beskikbaar wees.

Rick and Morty

Rick and Morty is die beste sci-fi reeks wat tans beskikbaar is. Dit handel oor Rick die mal wetenskaplike en sy kleinseun Morty wat saam op allerhande avonture deur die veelal gaan. Wat is die veelal vra jy? Dit is soos die heelal, maar met verskillende heelalle. Rick het ‘n portaalgeweer wat hy geskep het om tussen die heelalle te beweeg. Rick and Morty lewer veral kommentaar op bestaande sosiale- en kulturele temas terwyl daar ‘n deurlopende narratiewe draad is wat alles aanmekaar hou. Rick is mal, maar alles wat hy doen is vooraf beplan en meestal doen hy dinge om homself te bevoordeel bo ander.

Rick and Morty het al reeds drie seisoene wat op Netflix beskikbaar is, en ‘n vierde seisoen is ook oppad.

Disenchantment

Disenchantment is ‘n nuwe fantasiereeks wat vervaardig word deur Matt Groening, die skepper en slimkop agter The Simpsons. Disenchantment is Groening se eerste reeks vir Netflix. Netflix het reeds opdrag gegee dat twintig episodes van Groening se nuwe reeks gemaak word, en die eerste tien sal reeds vanaf 17 Augustus 2018 beskikbaar wees. John DiMaggio, bekend vir stemwerk in The Simpsons en Futurama, asook nou Disenchantment, beskryf die reeks as ‘n afstammeling van The Simpsons en Game of Thrones. Dit is albei programme waarvan ek baie hou, so ‘n mengelmoes van die twee klink vir my na ‘n uitstekende planNatuurlik sal die groot verskil wees dat die nuwe reeks ‘n komedie is, en nie drama soos Game of Thrones nie.

Rough Draft Studios sit agter die animasiewerk vir Disenchantment en is dieselfde ateljee wat Futurama se animasie gedoen het.

 

Avatar

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *