5 Unieke Afrikaanse aanlynwinkels

Aanlynwinkels is niks nuuts nie, maar wat van Afrikaanse aanlynwinkels? Oor die afgelope paar jaar het dit makliker geword vir besighede om aanlynwinkels te bou en verbruikers het al hoe meer vertroud geraak met die idee van internetaankope. Ons het bietjie gaan rondkrap, en hier is vyf unieke aanlynwinkels waarop ons af gekom het.

www.Streepsak.co.za

Streepsak is gebasseer in Port Elizabeth en span hul kreatiewe talente saam om unieke handgemaakte dekor-items, geskenke, asook mode-bykomstighede plaaslik te vervaardig. Die Suid-Afrikaanse erfenis dien as inspirasie vir hulle ontwerpe en dra by tot die individualiteit van hulle produkte. Besoek hulle by www.streepsak.co.za

www.Komedie.co.za

Komedie bestaan al vir ‘n dekade lank en is sinoniem met Afrikaanse en Suid-Afrikaanse snaaksighede soos t-hemde, hoodies, koffiebekers, coasters, keppies en vele meer. Komedie bied ook virtuele rakruimte vir mense om hulle unieke produkte te verkoop en lys tans produkte van Idees Vol Vrees, AfriLOL, Gevaaalik, Cotton Candy, Sarkasties, MMNK en meer. Besoek hulle by www.komedie.co.za

 

www.hartsgoed.co.za

“Hartsgoed is gebore tussen my grootword in die platteland en my liefde vir besonderse handgemaakte dekor en mooimaak. Wat aanvanklik soos ‘n eendag-droom gelyk het, het uitgebrei tot ‘n suksesvolle onderneming.” So sê die eienaar, Alet, wat “glo aan eenvoud, getrouheid aan ‘n Godgegewe talent en soeke na die mooi in mense en die natuur. Dit dien dan ook as inspirasie vir haar prentjiemooi reeks en winkels.” Besoek hulle by www.hartsgoed.co.za

 

www.liefdewen.co.za

Liefde Wen is die breinkind van die akteur en sanger, Bouwer Bosch. Wat is hulle doel? Om ’n wêreld te skep waar Liefde Wen. Die klein dinge, groot dinge, politieke dinge, geloofsdinge… en die alledaagse dinge. Of dit ’n produk, ’n projek of verhoudings is… Liefde Wen. Hulle verkoop produkte, idees en ideale, en verander so die wêreld saam. Bliksem Met Liefde! Besoek hulle by www.liefdewen.co.za

 

www.afrikander.com

In 1707 het Hendrik Biebouw uitgeroep: “Ik ben een Afrikander” (Ek is ‘n Afrikaner), in opstand teen die koloniale regering in die Kaap. De Afrikander se naam is afkomstig van dié woorde van Hendrik Biebouw waar die woord “Afrikaner” die eerste maal gebruik is. Dit was die oomblik waar Afrikaners hulle gesigte weg van Europa en na Afrika gedraai het. Hierdie gebeurtenis spreek van ‘n vreeslose opeising van identiteit en ‘n diep gewortelde trots. De Afrikander spog met dié leefwyse en laat jou toe om dit met trots op jou mou te dra. De Afrikander – Geanker sedert 1652. Besoek hulle by www.afrikander.co.za

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *