8 Dinge wat jy kan koop i.p.v. jou tenk volmaak

Die petrolprys het onlangs die R17 per liter-merk gebreek. En dis nie al wat gebreek het nie, so ook ons harte en beursies. Sommige padgebruikers het egter ‘n groter dilemma as ander. Waar ‘n Volkswagen Polo 1.0 en Hyundai i20 1.4 ‘n 40-liter tenk het, gaan die bestuurder van ‘n Toyota Hilux ‘n 80-liter tenk moet volmaak. As jy rol met ‘n BMW 3-reeks of ‘n Audi A3, gaan jy so 50-liter brandstof moet ingooi. En die gemiddelde Toyota Corolla tannie sal ook ‘n 55-liter tenk moet op top.

So op ‘n gemiddelde prys van R17 per liter, kyk mens na ‘n ongeveer R680 tot R1360 vir ‘n vol tenk brandstof. Behalwe nou as jy ‘n Toyota Land Cruiser 79 4.5D bestuur, dan kos dit jou 2 niere, ‘n arm en ‘n been… en dan is jou tenk net half.

 

Hier is 8 dinge wat jy kan koop in plaas van jou tenk vol brandstof maak:

 

Red Dead Redemption 2 (PS4)

Image result for red dead redemption 2

Hierdie speletjie speel af in Amerika dedurende 1899. Die einde van die wilde weste era het begin soos wat regsgeleerdes die laaste oorblywende bendes afwend. Diegene wat nie oorgee nie, word vermoor. Die gewone weergawe jaag jou so R879 uit die sak, en die Ultimate weergawe so R1349. Kry dit hier by Raru.

7 Bottels Klipdrift Premium

Image result for klipdrift premium

As jou lyf ‘n kar was, was brandewyn sekerlik brandstof. So in plaas van ‘n vol tenk brandstof, kan jy 7 bottles Klipdrift Premium optel teen so R179 ber bottel. Maak net seker jy is ouer as 18 voordat jy hierdie opsie oorweeg. Kry dit hier by Takealot.

1 x Kaartjie na ‘n Dave Chappelle vertoning

Image result for dave chappelle

Die amerikaanse skerpskertser, Dave Chappelle, is heel moontlik een van die wêreld se beste komediante. In plaas daarvan om jou tenk vol brandstof the maak, kan jy hom in lewende lywe sien later vanjaar. Kaartjies wissel van R575 na R1540. So jy sal heel moontlik soontoe moet loop. Bespreek hier by Computicket.

Tenminste 136 Lotto kaartjies

Image result for lotto balls

Om te dobbel is nooit ‘n goeie idee nie, maar dan ook – om brandstof in te gooi is ook seker dieselfde as dobbel, want mens is nooit seker hoeveel kilometer mens gaan ry nie. Mens raak selfs skepties en loer elke paar minute na die syfers op die pomp wanneer jou petroljoggie ingooi. So teen R5 ‘n lyn (of R2,50 vir jou plus-lyne), kan jy ‘n hele paar nommertjies raai.

170 kg se Kameeldoring braaihout

Image result for braaing

As jy in of om Kempton Park woon, Namib Vuurmaakhout verkoop Kameeldoring braaihout vir R4 per kiligram. Dit is beskikbaar is sakke van 15 kg, 20 kg, 25 kg en 30 kg. Vind hulle hier op Instagram.

‘n Nuwe toilet

https://i2.wp.com/www.ctm.co.za/media/catalog/product/cache/1/image/9df78eab33525d08d6e5fb8d27136e95/c/o/coral-tf-1_2.jpg?w=960&ssl=1

Party mense sou sê dat brandstof k@k duur is. So as mens daai gesegde letterlik wil vat, gebruik dan die geld van ‘n vol tenk brandstof en koop ‘n nuwe toilet vir slegs R899 (loodgieter uitgesluit). Kry dit hier by CTM.

Twee pienk fietse

Aangesien jy jou petrolgeld gaan gebruik vir iets anders, kan jy maar net so wel ‘n fiets koop. Al is dit nou ‘n pienk fiets… vir kinders. Kry sommer twee. Kry dit hier vir R599 elk op Takealot.

113 Witbrode

Image result for white bread loaf

Teen R17 ‘n liter brandstof, raak dit al hoe moeiliker om kos op die tafel te sit. Letterlik. So in plaas van ‘n vol tenk brandstof kan jy 113 witbrode koop.

 

Laat weet ons in die kommentaar hieronder watter een na die beste opsie klink!
Kliek hier om meer van ons ander vermaak artikels te lees!

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *