‘n Rooster vir jou spek, want hoekom nie?

Net wanneer jy dink jy het alles gesien, verskyn daar iets wat uniek is. Ons is nie besig om spek te skiet nie, hierdie mag dalk net die beste ding ooit wees! Spek het gedurende die afgelope paar jaar almal se gunsteling ontbytvleis geword en vir goeie rede. Dit is absoluut lekker. Met dit gesê, het dit egter ‘n geruime tyd geneem voordat daar iets nuuts gebeur het omtrent die maak van ontbyt.  Dis nou totdat die mense by Nostalgia Electrics die spekrooster ontwerp het!

Nostalgia Electrics het die ontbyttafel geseën met die Bacon Express Crispy Bacon Grill en dit is die beste ding sedert gesnyde brood. Verby is die dae van panne vuil maak en elke oggend sukkel om jou spek perfek te kry. En dis redelik maklik om te gebruik. Hang tot ses repies spek oor die middelste gedeelte van die eenheid en laat dit kook.

Gepraat van kos. Wat kos hierdie spekrooster? Jy kan jou eie Bacon Express Crispy Bacon Grill op Amazon bestel vir so ongeveer R1050, ̶o̶m̶d̶a̶t̶ ̶d̶i̶e̶ ̶r̶a̶n̶d̶ ̶i̶n̶ ̶s̶y̶ ̶m̶o̶e̶r̶ ̶i̶s̶ ̶. Hierdie rooster pas ook perfek op enige toonbank en wanneer dit nie gebruik word nie, kan dit opgevou en gestoor word en is so breed soos ‘n kookboek. En met ‘n skakelaar aan die kant kan jy die hitte beheer vir dikker of gaarder spek. Dit is waarskynlik die beste eienskap van hierdie rooster, want niemand hou van dun repies spek as hulle ‘n groot aanhanger van crispy bacon is nie.

Die vertikale uitleg dreineer die spek van oortollige vet, wat dit ‘n gesonder alternatief as pan-gebraaide spek maak en die vetdruppelbak kan verwyder word en is maklik om skoon te maak. Die cool touch handvatsels werk uiters goed sonder dat jy jou vingers gaan brand en mens kan die masjien hanteer tydens die kookproses, sowel as daarna.

Elke kant van jou spekrepies sal ook voordeel trek uit die multi-oppervlak kooktegniek en jy sal op eindig met pragtige gekarameliseerde spek. Waarvoor wag jy?

Kry joune hier by Amazon!

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *