Nuwe Aquaman trailer laat fliek voel soos ‘n fantasieavontuur

Dit is geen geheim nie dat Justice League van kritici so bietjie negatiwiteit gekry het nadat dit uitgereik is. Gelukkig vir almal speel Aquaman voor Justice League af en Jason Momoa reken dit is heelwat anders as die vorige blootstelling wat ons aan sy karakter gekry het.

“This is a totally different beast. In Aquaman, you see when his parents met and what happened to him. Then the little boy being raised and finding his powers and going through that and never being accepted on either side. And then becoming this man who puts up all these walls. You just slowly see this man harden up and be completely reluctant wanting to be king and not knowing what to do with these powers he has. I think James Wan just killed it,” sê Momoa.

James Wan is die regisseur van Aquaman en as jy enigiets van hom wee,t is dat dit moeilik is om hom te sien as die regisseur van ‘n superheldfilm. Wanneer jy die trailer kyk kan jy dadelik sien dat hierdie superheldfilm meer soos ‘n fantasiefilm gaan voel as wat vorige flieks uit die DC-reeks gevoel het. Die donker en grieselrige aard is seker ook te danke aan Wan, maar dit lyk asof dit goed gaan pas by die onderwaterwêreld van hiedie DC-karakter.

Indien jy hou van superheldflieks gaan Aquaman jou waarskynlik nie teleurstel nie. Die DC Universe het al hulle flaters in die teater gehad, maar met Jason Momoa as Aquaman mag ons dalk net weer herinner word waarom ons in die eerste plek so gaande geraak het oor DC se strokiesverhale.

Avatar

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *