Resep van die week: Whisky-hoender

Mens kry resepte en mens kry lekker resepte – resepte met ‘n bietjie skop. So rukkie gelede was ek besig om whisky te drink en hoender te eet. My hande raak toe vuil van die hoender en ek kon nie meer my glas vashou nie. Ek sit en wonder toe hoe mens hierdie twee dinge kan kombineer… en kom toe af op hierdie whisky-hoender resep!

Bestandele:

30 g botter
5 ml aangemaakte mosterd
4 hoenderfillette (of boudjies of dye)
1 fyngemaakte ui
15 ml meel
125 ml hoenderekstrak
125 ml room
15 ml suurlemoensap
Bietjie suurlemoenskil – gerasper
Gekapte pietersielie
30 ml whisky
Sout en pepper

Metode:

Smelt botter en mosterd saam.
Braai hoender en uie saam.
Voeg hoenderekstrak by bottermengsel en kook tot sous dik word.
Voeg dan room, suurlemoensap, suurlemoenskil en pietersielie by.
Geur met sout en pepper
Voeg hoenderfillette by en gooi whisky by.
Kook vir nog so ‘n verdere vier minute
Eet saam met pasta (vars pasta as jy kan) of kapokaartappels.

 

Klik hier vir nog lekker resepte!

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *