RUGGED SA: “Lag ‘n Slag”

Lag ‘n slag is begin as afrikaanse handelsmerk en breinkind van akteur en vermaak persoonlikheid Nico Swartz om Suid-Afrika bietjie aan die lag te kry.

Hierdie inisiatief is saam met die “Toughest Brand in Africa” naamlik Rugged SA na die publiek gebring om vir almal te wys dat bekendes wil teruggee al is dit in die kleinste manier moontlik, net om die publiek aan die lag te kry.

Wat ons wil wys aan die publiek is dat die bekendes nie hulle neuse in die lig het nie maar eerder soos ons almal vir ‘n paar droë grappe kan en wil lag. Lag is die een ding wat ons almal kan saam doen, vir 3min is daar geen klasse verskille nie, daar is geen swaar of hartseer nie, almal kan gelukkig wees en ‘n slag lag. Hierdie is die boodskap wat ons probeer voordra aan Suid Afrika, dra ‘n glimlag op jou gesig en die wêreld lyk skielik rooskleurig.

Rugged SA het met episode een ‘n paar Springbok en Bloubul bekendes as gaste gehad waar die tema was “Lag ‘n slag en verloor jou drag” en ons kon almal sien hoekom Nico nie Rugby speel vir ʼn lewe nie maar eerder by ‘n paar snaakse video’s sy tyd verdryf. Burger Odendaal (Bloubul Kaptein) en RG Snyman (Bloubul en Springbok slot) het hulself baie goed van hul taak kwyt geraak en was dit werklikwaar ‘n skreeusnaakse episode wat meer as 280 000 al gekyk is.

 

Episode twee het Rugged SA ‘n kans gehad om internasionale Akteur Greg Kriek en Christia Visser tot die toets te sit waar hulle ‘n paar van Kobus Galloway van Idees Vol Vrees se grappe aan mekaar gerig het en hul bes gegee het om nie te lag nie. Albei akteurs het hul bes probeer maar soos ons almal Kobus se grappe ken is dit byna onmoontlik om nie te lag nie en moes hulle eenvoudig net ingee.

 

Episode drie het ons vir Robbie Wessels, bekende sanger en akteur in om teen sy groot teenstander Nico Swartz aan te vat in ‘n fluister-saggies-sonder-om-te-laggies kampioenskap. Ons almal het al teen die tyd die 2 manne se dans geveg kompetisie van laasjaar gesien wat in Menlyn inkopiesentrum afgespeel het, maar DIE keer was dit Nico wat vir Robbie uitgedaag het en die publiek die krag te gee om self te besluit wie die keer as wenner uit die stryd tree.

 

Deur hierdie probeer Rugged SA vir Suid Afrika wys, of jy ‘n Rugby speler, akteur of sanger is en of jy maar ‘n doodgewone man soos Nico is kan ons almal ‘n slag lag en ‘n glimlag dra as deel van ons daaglikse drag.

Almal kla dikwels oor hoe duur alles word en dat daar nooit tyd of geld vir enigiets is nie, wel saam met Nico en die Rugged SA span word dit bewys dat om te lag of selfs iemand te laat lag jou absoluut NIKS kos nie.

Die publiek word aangemoedig om deel te word van die inisiatief en asseblief aan Rugged SA of Nico Swartz te skryf oor wie hulle op toekomstige episodes wil sien of dit nou ‘n bekende is of selfs iemand wat in hul gemeenskap ‘n verskil maak te nomineer.

Volg Rugged SA op hulle Facebook blad vir meer weeklikse snaakse video’s, kompetisies, en geharde selfoon produkte.

 

 

Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *