Skemerkelkie van die week: Outydse Soet Brandewyn

As daar nou twee ding is waarvan ons baie hou, is dit skemerkelkies en dan sommer weer skemerkelkies. Almal geniet ‘n lekker cocktail, so ons wys jou hoe om jou eie een aanmekaar te slaan met ons skemerkelkie resep van die week!

Wat jy nodig het:

  • 1 Lemoenskyfie
  • 1 Tjerrie (wat jy eet, nie jou girl nie)
  • 25 ml (een tot) sap (bessie, tjerrie, druiwe)
  • 1 Teelepel Bitters
  • Halwe koppie ys
  • 25 – 50ml (1 tot 2 tots) brandewyn (afhangende van of jy môre werk)
  • 2 Teelepels water
  • 25ml Lemoensap
  • 70ml Lemonade of Sprite

Wat doen ek dan?

Stap 1: In ‘n tumbler-glas, voeg jy lemoenskyfie, kersie, sap en Bitters bymekaar. Maak die glas vol ys. Gooi dan die brandewyn, water, lemoensap en koeldrank in.

Stap 2: Geniet.

Avatar
Ben is 'n Labrador wat daarvan hou om videospeletjies te speel, op te lees oor tegnologie en hou van lang, romantiese stappies op die stran... eh... sypaadjie.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *